Matteus 16:13-17

Matteus 16:13-17 AFR20

Toe Jesus in die gebied van Caesarea-Filippi kom, het Hy sy dissipels gevra: “Wie sê die mense is die •Seun van die Mens?” Hulle het geantwoord: “Sommige sê Johannes die Doper, ander Elia, en ander weer Jeremia, of een van die profete.” Hy sê toe vir hulle: “Maar julle, wie sê julle is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die •Christus, die •Seun van die lewende God.” Jesus antwoord hom: “Gelukkig is jy, Simon Barjona, want vlees en bloed het dit nie aan jou bekend gemaak nie, maar my Vader in die hemele.

Video for Matteus 16:13-17

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 16:13-17