Lukas 6:43-46

Lukas 6:43-46 AFR20

“'n Goeie boom dra nie slegte vrugte nie, en 'n slegte boom dra weer nie goeie vrugte nie. Elke boom word aan sy eie vrug geken. Van 'n doringstruik pluk 'n mens tog nie vye of van 'n doringbos 'n tros druiwe nie. 'n Goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die goeie skatkamer van sy hart, en 'n slegte mens bring die slegte voort uit die slegtheid wat in hom is; want waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” “ Waarom noem julle My ‘Here, Here!’ maar julle doen nie wat Ek sê nie?

Video vir Lukas 6:43-46

Gratis leesplanne en oordenkings oor Lukas 6:43-46