Vol van die Heilige Gees, het Jesus van die Jordaan teruggekeer en is deur die Gees in die woestyn gelei, waar Hy veertig dae lank deur die Duiwel versoek is. Die hele tyd het Hy niks geëet nie, en aan die einde van die tyd was Hy honger. Die Duiwel het vir Hom gesê: “As u die •Seun van God is, sê vir hierdie klip dit moet brood word.” Maar Jesus antwoord hom: “Daar staan geskryf, ‘Van brood alleen sal die mens nie leef nie.’ ” Hierop het die Duiwel Hom na 'n hoë plek geneem, en in 'n oogwink vir Hom al die koninkryke van die wêreld gewys, en die Duiwel sê vir Hom: “Ek sal u al hierdie mag gee en hulle prag, want dit is aan my gegee , en ek gee dit aan wie ek wil. As u my aanbid, sal dit alles u s'n wees.” Maar Jesus antwoord hom: “Daar staan geskryf, ‘Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.’ ” En die Duiwel het Hom na Jerusalem geneem, en Hom op die hoogste punt van die tempelgeboue laat staan. Toe sê hy vir Hom: “As u die Seun van God is, spring hier af! Daar staan immers geskryf, “ ‘Hy sal sy engele opdrag oor jou gee om jou te beskerm,’ en ook, “ ‘Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie dalk teen 'n klip jou voet stamp nie.’ ” Maar Jesus antwoord hom: “Die Skrif sê ook, ‘Jy mag die Here jou God nie versoek nie.’ ” Die Duiwel het, nadat hy met al hierdie versoekings klaar was, vir 'n tyd lank van Jesus weggebly. Vol van die krag van die Gees, het Jesus na Galilea teruggegaan, en die nuus oor Hom het deur die hele omgewing versprei. Hy het die mense in hulle •sinagoges geleer, en almal het met lof van Hom gepraat.
Lees Lukas 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Lukas 4:1-15
4 Days
Temptations are all around us. Deceptions come to us in the subtlest ways. How can we overcome them? What are the tools the Bible gives us to guard against the evil one? In this four-day devotional we look at the three temptations of Jesus Christ, how He victoriously overcame them and how we can apply some of His principles in our lives.
6 Days
He’s with you through the pain. He comforts you in the waiting. When you’re anxious about your future, He gives you courage. As you climb the mountain, He keeps you safe in His arms. In every moment, you are not alone. Start this Life.Church Bible Plan to accompany Pastor Craig Groeschel’s series, God With Us .
6 dae
Daar is baie vrae oor die geestelike stryd teen die Bose. Mense wil weet hoe om die Bose teen te staan en hoe om te weet wanneer dit hy is wat ons aanval. Hierdie leesplan fokus daarop om eenvoudige riglyne te gee oor hoe om te onderskei wanneer die bose ons aanval en wat om te doen.
7 Days
We’re all chasing something. Usually something just out of reach—a better job, a more comfortable home, a perfect family, the approval of others. But isn’t this tiring? Is there a better way? Find out in this new Life.Church Bible Plan, accompanying Pastor Craig Groeschel’s message series, Chasing Carrots.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's