Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Hulle het sy boklere verdeel deur daaroor te loot. Die volk het gestaan en toekyk. Die volksleiers het aangehou om smalend te sê: “Ander het hy gered, laat hy homself red as hy die Christus van God, die Uitverkorene, is!” Ook die soldate het met Hom die spot gedryf, terwyl hulle nader staan en vir Hom suur wyn aanbied, met die woorde: “As jy die koning van die Jode is, red jouself!” Bokant Hom was daar ook 'n opskrif: “Hy is die koning van die Jode.” Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom aanhoudend gelaster en gesê: “Jy is mos die Christus, of hoe? Red jouself, en ons!” Die ander een het hom egter bestraf en gesê: “Het jy nie ontsag vir God nie? Jy ondergaan per slot van rekening dieselfde straf! In ons geval is dit regverdig – ons word tereg gestraf vir wat ons gedoen het. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” Hy sê toe: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom! ” Jesus het hom geantwoord: “•Amen, Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”
Lees Lukas 23
Deel
Vergelyk alle weergawes: Lukas 23:34-43
4 Days
We have created this resource for you to grow closer to God around the belief that Christ came for everyone, especially you!
5 Days
If we want to share Jesus with others, we’ve got to live like Him, love like Him, and listen like Him. In this 5-day Plan, we’ll take a closer look at the life of Jesus to discover how we should live our lives.
6 Days
If Jesus were on board with every idea His followers have staked His claim in, then He’d be one incredibly confused Son of God, always at odds with Himself and overly busy leading the charge for both sides of every debate. Thankfully, Jesus speaks for Himself. You can read His words in this new Life.Church Bible Plan to accompany Pastor Craig Groeschel’s message series, Things Jesus Never Said.
7 dae
Kom saam met ons op `n reis na waar ons die betekenis van die kruis ondersoek en die onderstebo wêreld waarheen dit ons heen uitnooi in hierdie reeks van oordenkings en meditasies. My gebed is dat die legkaart m.b.t. die krag van die kruis jou sal intrek in `n nader verhouding met die opgestane Jesus. Lees meer in Vreemde Koninkryk en vind die geassosieerde speellyste op Spotify .
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's