Daar was skaapwagters in dieselfde omgewing wat in die oop veld gebly en snags hulle skaaptroppe opgepas het. 'n Engel van die Here het aan hulle verskyn, en die hemelse glans van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het geweldig groot geskrik. Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie. Kyk, ek bring vir julle 'n goeie boodskap wat vir die hele volk 'n bron van groot vreugde sal wees: Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid as Verlosser gebore, Christus die Here. Dit sal vir julle die teken wees: Julle sal 'n pasgebore kind vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.” Skielik was daar saam met die engel 'n hemelse menigte wat God loof: “Eer aan God in die hoogste, en vrede op aarde vir die mense in wie God 'n welbehae het! ” Nadat die engele van hulle af na die hemel weggegaan het, sê die skaapwagters toe vir mekaar: “Kom ons gaan reguit na Betlehem en gaan kyk na wat gebeur het en wat die Here aan ons bekend gemaak het.” Hulle het toe haastig daarheen vertrek en Maria en Josef en die Kindjie wat in die krip lê, daar aangetref. Nadat hulle Hom gesien het, het hulle aan almal gaan vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is.
Lees Lukas 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Lukas 2:8-17
3 Days
Reflections on the events of Good Friday told by characters from the nativity stories. An imaginative exploration of the wonder of the nativity and the sacrifice of the crucifixion.
4 Days
Christmas is coming! With it comes Advent – preparing for and celebrating Jesus’ birth. But does that fact get lost by the busy holiday schedule, shopping for the perfect gift, or hosting family gatherings? In the steady rush of the Christmas season, experience new ways to engage with God’s Word, ultimately drawing you closer to Him. Awaken your soul in this 4-day reading plan from Thomas Nelson's Abide Bible Journals.
Christmas is a time to celebrate the greatest gift of all, Jesus. Looking at the story of Christ's anticipated arrival at Christmas reminds us that Jesus came to be the fulfillment of God's promises and faithfulness. All our hopes and prayers are answered in the presence of Jesus, Emmanuel, God with us.
5 Days
Every good story has a plot twist—an unexpected moment that changes everything. One of the biggest plot twists in the Bible is the Christmas story. Over the next five days, we’ll explore how this one event changed the world and how it can change your life today.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's