Dink aan my nood en my swerwersbestaan, aan die wildeals en gif. Wanneer ek diep daaroor nadink, raak ek terneergedruk. Dít roep ek in herinnering, daarom het ek hoop: Dit is deur die troue liefde van die HERE dat ons nie omgekom het nie, ja, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. My erfdeel is die HERE, sê ek; daarom hoop ek op Hom. Goed is die HERE vir hulle wat op Hom wag, vir die mens wat na Hom soek. Goed is dit om stil te hoop op die verlossing van die HERE. Goed is dit vir 'n jong man om 'n juk in sy jeug te dra. Hy moet alleen sit in stilte, want die HERE het dit op hom gelê. Hy moet maar sy gesig in die stof hou; miskien is daar hoop. Hy moet sy wang draai na dié wat hom slaan; laat hy versadig word van skande. My Heer verwerp beslis nie die mens vir ewig nie; maar as Hy iemand bedroef het, ontferm Hy Hom met die volle omvang van sy troue liefde. Hy verdruk en bedroef mensekinders teen sy sin.
Lees Klaagliedere van Jeremia 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Klaagliedere van Jeremia 3:19-33
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's