Josua 21:1-3

Josua 21:1-3 AFR20

Die familiehoofde van die Leviete het Eleasar, die priester, Josua, seun van Nun, en die familiehoofde van die stamme van die Israeliete genader en met hulle in Silo, in die land Kanaän, gepraat. Hulle het gesê: “Die HERE self het by monde van Moses beveel dat dorpe aan ons afgestaan moet word om in te woon, asook hulle meentgrond vir ons vee.” Die Israeliete het toe, volgens die bevel van die HERE, uit hulle erfdeel hierdie dorpe en hulle meentgrond aan die Leviete afgestaan.