Job 21:27-34

Job 21:27-34 AFR20

“Kyk, ek ken julle gedagtes, die versinsels waarmee julle my geweld aandoen. As julle sê, ‘Waar is die huis van vooraanstaandes? Waar is die tentwonings van goddeloses? ’ het julle nie by reisigers navraag gedoen en op hulle tekens ag geslaan nie? Ja, op die dag van teenspoed word 'n bose mens gespaar; op die dag van woedebuie word hy veilig gelei. Wie sal hom sy optrede openlik verwyt? En wat hy aangevang het – wie gaan hom daarvoor vergeld? Hy egter, word na die graf geneem; en oor sy graf hou iemand wag. Die kluite van die skag is vir hom soet. Alle mense sal hom volg, en dié wat hom voorafgegaan het, is ontelbaar. Hoe kan julle my troos met nietigheid? Julle antwoorde kom uiteindelik neer op ontrou!”