Job 2:11-13

Job 2:11-13 AFR20

Drie van Job se vriende het gehoor van al die teenspoed wat hom oorgekom het. Hulle het toe van die plekke waar hulle woon, Elifas uit Teman, Bildad uit Suag, en Sofar uit Naäma, op 'n bepaalde plek byeengekom om met hom meegevoel te gaan betuig en hom te gaan bemoedig. Toe hulle van ver af opkyk en hom nie eens herken nie, het hulle hardop gehuil. Hulle het elkeen sy mantel geskeur, en hulle het stof in die lug op gegooi, oor hulle koppe. Hulle het saam met hom op die grond gesit – sewe dae en sewe nagte lank. Niemand het 'n woord met hom gepraat nie, want hulle het gesien dat die pyn ondraaglik erg was.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Job 2:11-13

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid