Toe Jesus besef dat hulle op die punt staan om Hom met geweld te kom gryp met die doel om Hom koning te maak, het Hy weer teen die berg opgegaan, net Hy alleen. Toe dit aand geword het, het sy dissipels na die see afgegaan; en nadat hulle in die boot geklim het, het hulle na Kapernaum aan die oorkant van die see gevaar. Dit was reeds donker, maar Jesus het nog steeds nie by hulle uitgekom nie. En die see het onstuimig geword, omdat 'n sterk wind gewaai het. Toe hulle sowat vyf-en-twintig tot dertig stadion ver geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en tot naby die boot kom, en hulle het bang geword. Maar Hy sê vir hulle: “Dit is Ek; moenie langer bang wees nie.” Toe wou hulle Hom in die boot saamneem, maar skielik was die boot aan land by die plek waarheen hulle besig was om te vaar.
Lees Johannes 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 6:15-21
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's