Die Pasga van die Jode was op hande, en Jesus het opgegaan na Jerusalem. Op die tempelterrein het Hy verkopers van beeste, skape en duiwe aangetref, en ook die geldwisselaars wat daar sit. Daarop het Hy 'n sweep van toue gemaak en almal van die tempelterrein weggejaag, ook die skape en die beeste, en die munte van die geldwisselaars het Hy uitgegooi en die tafels omgekeer. Vir dié wat duiwe verkoop, het Hy gesê: “Vat hierdie goed hier weg! Hou op om die huis van my Vader 'n huis te maak waar handel gedryf word!” Sy dissipels het onthou dat daar geskryf staan: “Die hartstog vir u huis sal My verteer.” Die Jode vra Hom toe: “Met watter teken kan jy vir ons bewys dat jy hierdie dinge doen?” Jesus het hulle geantwoord: “Breek hierdie tempel af, en binne drie dae sal Ek dit opbou.” Daarop het die Jode gesê: “Ses-en-veertig jaar gelede is daar aan hierdie tempel begin bou, en jy sal dit binne drie dae opbou?” Maar Hy het van die tempel van sy liggaam gepraat. Toe Hy later uit die dood opgewek is, het sy dissipels onthou dat Hy dit gesê het, en hulle het die Skrif en die woord wat Jesus gespreek het, geglo. Toe Jesus tydens die Pasga in Jerusalem was, het talle die tekens gesien wat Hy doen en in sy Naam geglo. Maar Jesus het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy alle mense ken. Hy het nie nodig gehad dat iemand van die mens getuig nie; want Hy het self geweet wat daar in die mens is.
Lees Johannes 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 2:13-25
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's