Jeremia 41:10

Jeremia 41:10 AFR20

Daarna het Ismael almal wat van die volk oorgebly het, wat in Mispa was, in gevangenskap weggevoer – die dogters van die koning en al die mense wat in Mispa oorgebly het, oor wie Nebusaradan, die •aanvoerder van die lyfwag, vir Gedalja, seun van Agikam, aangestel het. Ismael, seun van Netanja, het hulle weggevoer en vertrek om oor te trek na die Ammoniete.