Jeremia 38:9-10

Jeremia 38:9-10 AFR20

“My heer die koning, hierdie manne het verkeerd opgetree in alles wat hulle aan die profeet Jeremia gedoen het deurdat hulle hom in die opgaarput laat afsak het. Hy sal, waar hy ook al is, van honger omkom, want daar is nie meer brood in die stad nie. ” Die koning het Ebed-Meleg, die Kussiet, toe opdrag gegee: “Neem hiervandaan dertig man met jou saam en trek die profeet Jeremia uit die opgaarput voordat hy sterf!”