Jeremia 3:14-18

Jeremia 3:14-18 AFR20

“Keer terug, afvallige kinders!” is die uitspraak van die HERE, “want dit is Ek wat heer is oor julle. Ek sal julle terugneem, een uit 'n stad en twee uit 'n familiegroep; en Ek sal julle na Sion bring. Ek sal herders na my hart vir julle gee. Hulle sal met kennis en insig aan julle weiding verskaf. En wanneer julle vermeerder en vrugbaar is in die land in daardie dae,” is die uitspraak van die HERE, “sal hulle nie meer sê, ‘Die ark van die HERE se verbond!’ nie. Dit sal trouens nie eers in hulle gedagte opkom nie. Hulle sal nie daaraan dink of dit mis nie. Dit sal ook nie weer gemaak word nie. In daardie tyd sal hulle Jerusalem “die troon van die HERE” noem. By haar sal al die nasies byeenkom ter wille van die Naam van die HERE, ter wille van Jerusalem. Hulle sal nie langer die verstoktheid van hulle bose harte volg nie. In daardie dae sal die huis van Juda by die huis van Israel aansluit, en saam sal hulle uit 'n land in die noorde aankom in die land wat Ek vir hulle voorouers as erfenis gegee het.