Jesaja 54:4-8

Jesaja 54:4-8 AFR20

Moenie bang wees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; moenie verneder voel nie, want jy sal nie verleë wees nie. Ja, die skande van jou jeug sal jy vergeet, en aan die gespot oor jou weduweeskap sal jy nie weer dink nie. Want Hy wat met jou trou, is jou Maker; die HERE, Heerser oor alle magte is sy Naam. Hy wat jou loskoop, is die Heilige van Israel. God van die hele wêreld word Hy genoem. Ja, as 'n verstote, sielsongelukkige vrou, het die HERE jou geroep. “Die vrou van 'n mens se jeug, sal sy verwerp word?” vra jou God. “Vir 'n kort oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferming sal Ek jou versamel. In 'n opwelling van grimmigheid het Ek my gesig 'n oomblik lank vir jou verberg; maar in ewige troue liefde ontferm Ek My oor jou,” het jou losser, die HERE, gesê.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Jesaja 54:4-8

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid