Jesaja 5:1-4

Jesaja 5:1-4 AFR20

Ek wil oor my geliefde sing: my geliefde se lied oor sy wingerd. My geliefde het 'n wingerd gehad op 'n vrugbare heuwel. Hy het dit bewerk, die klippe uitgehaal en edeldruiwe daar geplant. Hy het 'n toring gebou in die middel daarvan, en ook 'n giskuip daarin uitgekap. Hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe gelewer. “ Daarom, inwoners van Jerusalem en manne van Juda, besleg tog tussen My en my wingerd. Wat moet nog aan my wingerd gedoen word wat Ek nie reeds daarin gedoen het nie? Waarom het Ek verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe gelewer?