Luister na my, eilande, gee aandag, afgeleë nasies! Die HERE het my reeds geroep toe ek in die moederskoot was; Hy het reeds my naam genoem toe ek in my moeder se liggaam was. Hy het my mond soos 'n skerp swaard gemaak, in die skaduwee van sy hand het Hy my weggesteek. Hy het my 'n geslypte pyl gemaak, in sy pylkoker het Hy my versteek. Hy het vir my gesê: “Jy is my dienskneg, Israel, deur wie Ek my heerlikheid toon.” Ek het egter gedink: Tevergeefs het ek my moeg gemaak. Verniet, vrugteloos het ek my kragte ingespan. En tog, die beslissing oor my lê by die HERE, my beloning is by my God. Maar nou, die HERE het gepraat – Hy wat my in die moederskoot al gevorm het as 'n dienskneg vir Hom – sodat ek Jakob na Hom kan terugbring, sodat Israel vir Hom byeengebring kan word. In die oë van die HERE word ek geëer; my God het my krag geword. Hy het gesê: “Dit is nie genoeg dat jy vir My 'n dienskneg is om die stamme van Jakob op te rig nie, om dié wat bewaar gebly het van Israel, te laat terugkeer nie. Ek gee jou as 'n lig vir nasies, sodat my heil sal strek tot aan die uiteindes van die aarde. ”
Lees Jesaja 49
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jesaja 49:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's