Bel het inmekaargesak, Nebo is vooroor gebuig. Hulle afgodsbeelde behoort aan die wilde diere en aan die vee. Julle draagbare gode is opgelaai – 'n las vir uitgeputte diere. Hulle staan vooroor gebuig, saam sak hulle inmekaar; hulle kan die vrag nie red nie. Hulle gaan self in ballingskap. “ Luister na My, huis van Jakob, die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat gedra is vanaf die baarmoeder, wat opgetel is van die moederskoot af. Tot in julle ouderdom is Ek daar; tot in julle gryse ouderdom is Ek die Een wat julle dra. Dit is Ek wat dit gedoen het: dit is Ek wat optel, dit is Ek wat dra en verlos. Met wie wil julle My vergelyk, en aan wie My gelykstel, wie beskou julle as My gelyke, dat ons dieselfde is?
Lees Jesaja 46
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jesaja 46:1-5
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's