JESAJA 46:1-5

JESAJA 46:1-5 NLV

Die afgodsbeelde van Babel, Bel en Nebo, word weggery op waens. Osse sleep hulle weg. Die arme diere steier onder die swaar vrag. Die afgodsbeelde en diere wat hulle wegsleep, sak inmekaar. Die gode kan die mense nie beskerm nie. Maar die mense kan ook nie die gode beskerm nie. Saam gaan hulle in ballingskap. “Luister na My, nageslag van Jakob, oorblyfsel uit die nageslag van Israel. Ek het voor geboorte vir julle gesorg en julle kleintyd vasgehou. Ek sal julle God wees deur julle hele lewe. Tot julle stokoud is, sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg. Ek sal julle ondersteun en julle red. “Met wie wil julle My vergelyk, aan wie wil julle My gelykstel? Wie is soos Ek, om hom met My te vergelyk?