Jesaja 41:17-18

Jesaja 41:17-18 AFR20

“Die magteloses en behoeftiges soek water, maar daar is niks; hulle tonge verdroog van dors. Ek, die HERE, sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, Ek sal hulle nie verlaat nie. Op kaal hoogtes laat Ek riviere ontspring, fonteine in die middel van valleie. Van 'n woestyn maak Ek 'n waterryke vleiland, van 'n dor land waterbronne.