Jesaja 41:11-15

Jesaja 41:11-15 AFR20

Kyk, hulle sal beskaamd staan en verneder word – almal wat vir jou kwaad is. Hulle sal soos niks wees en tot niet gaan, daardie manne wat teen jou 'n regstryd voer. Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie, daardie manne wat teen jou stryd voer. Hulle sal soos niks, soos iets niksseggends wees, daardie manne wat teen jou oorlog voer. Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand vas, Ek wat vir jou sê, ‘Moenie bang wees nie – Ek is die Een wat jou help.’ Moenie bang wees nie, wurm Jakob, mense van Israel, Ek is die Een wat jou help!” is die uitspraak van die HERE. “Jou losser is die Heilige van Israel. Kyk, Ek maak jou 'n skerp nuwe dorsslee, een met dubbele rye tande. Jy sal berge dors en fynmaal, en heuwels sal jy soos kaf maak.

Video for Jesaja 41:11-15