Jesaja 35:4-6

Jesaja 35:4-6 AFR20

Sê vir dié wat angstig is: “Hou moed, moenie bang wees nie! Kyk, hier is julle God; die wraak kom, die vergelding deur julle God. Hy is die Een wat sal kom en julle verlos.” Dan sal die oë van blindes oopgaan, en die ore van dowes sal oopgaan. Dan sal 'n verlamde spring soos 'n wildsbok, en die tong van 'n stomme sal jubel; want in die woestyn sal water uitbars, strome water in die Araba.