Jesaja 14:12-17

Jesaja 14:12-17 AFR20

Hoe het jy geval uit die hemelruim, môrester, seun van die daeraad! Hoe is jy tot op die grond neergekap, jy wat nasies verslaan het! Jy is die een wat in jou hart gesê het: Na die hemel wil ek opgaan; hoog bo die sterre van God wil ek my troon oprig. Ek wil gaan sit op die berg van samekoms, in die afgeleë noorde. Ek wil opgaan tot bo die rûe van wolke, my gelykstel aan die Allerhoogste. Jy is egter na die doderyk afgebring, tot in die afgeleë put. Hulle kyk na jou, hulle staar na jou, hulle beskou jou aandagtig: “Is dit die man wat die aarde laat beef het, koninkryke laat sidder het? Hy het die bewoonde wêreld soos 'n woestyn gemaak, die stede daarvan afgebreek. Sy gevangenes het hy nie vrygelaat om huis toe te gaan nie.”