Maar 'n takkie sal spruit uit die stomp van Isai, en 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra. Die gees van die HERE sal op hom rus – die gees van wysheid en insig, die gees van raad en sterkte, die gees van kennis en ontsag vir die HERE. Hy sal genot put uit ontsag vir die HERE. Hy sal nie 'n beslissing vel volgens wat sy oë sien nie, en nie teregwys volgens wat sy ore hoor nie. Hy sal regverdig beslis oor die armes, en die magteloses van die land billik teregwys. Hy sal die land slaan met die stok van sy mond, en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak. Geregtigheid sal 'n gordel om sy middel wees, en betroubaarheid 'n gordel om sy heupe. 'n Wolf sal by 'n lam vertoef, en 'n luiperd sal by 'n boklam gaan lê, 'n kalf, 'n jong leeu en vetgemaakte vee bymekaar – 'n klein seuntjie sal hulle lei. 'n Koei en 'n beerwyfie sal saam wei, en hulle kleintjies sal saam gaan lê. 'n Leeu sal soos 'n bees gras eet. 'n Suigeling sal speel by die gat van 'n horingslang, en 'n kleuter sal sy hand uitsteek na die nes van 'n kobra. Mense sal nie kwaad doen of hulle wangedra nie – nêrens op my hele heilige berg nie; want die land sal vol wees van die kennis van die HERE, soos water die see bedek. Op daardie dag sal die wortel van Isai as banier vir die volke bly staan – die nasies sal daarna vra, en sy rusplek sal luisterryk wees.
Lees Jesaja 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jesaja 11:1-10
7 Dae
Kersbome is hierdie tyd van die jaar oral te sien — selfs wanneer jy aanlyn inkopies doen, verskyn daar iewers tussen al die items 'n Kersboom. Aangesien al die bome in die Skrif heenwys na Jesus en aangesien Kersfees ook oor Jesus gaan, kan elke versierde boom jou herinner dat God Almagtig aan ’n boom gesterf het. Laat die glans van die Kersseisoen jou oë vestig op die God van Kersfees.
29 dae
Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier Immanuel, God met ons. Ons bid dat hierdie studie sal help om jou geloof, jou begrip van Kersfees en die koms van Christus ons Verlosser, te verdiep.
28 Days
Don't lose your focus for the reason of the Christmas season—Jesus. Celebrating Advent is a beautiful way to keep Christ central in the holiday and in this reading plan, you'll take a journey through Scripture to worship our King with daily Bible readings and devotions.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's