“Efraim is onder die nasies, hy word self geknie. Efraim het geword soos 'n roosterkoek wat nie omgedraai is nie. Vreemdes het sy kragte verteer, maar hy besef dit nie. Hy het ook grys geword, maar hy besef dit nie. Israel se hoogmoed getuig teen hom, maar hulle keer nie terug na die HERE hulle God nie; te midde van dit alles soek hulle Hom nie op nie. Efraim het geword soos 'n duif – dom en sonder verstand. Hulle het vir Egipte gekoer, maar na Assirië gevlieg. Wanneer hulle vlieg, sprei Ek my vangnet oor hulle uit. Soos voëls van die hemel sal Ek hulle neertrek. Ek sal hulle vang soos iemand wat vir die swerm luister. Wee hulle, want hulle vlug weg van My af. Verwoesting wag op hulle, want hulle het teen My oortree. Ek wou hulle verlos, maar hulle het leuens oor My vertel. Hulle roep nie uit die hart na My om hulp nie; want hulle kerm op hulle lêplekke; oor koring en •nuwe wyn sny hulle hulleself stukkend – so draai hulle teen My. Ek is die Een wat hulle geleer het. Ek het hulle arms sterk gemaak, maar teen My beplan hulle kwaad. Hulle keer terug na wat nutteloos is; hulle het soos 'n slap boog geword. Hulle leiers sal deur die swaard val oor die vervloeking wat hulle uitgespreek het. Dit sal hulle bespotting wees in Egipteland.
Lees Hosea 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hosea 7:8-16
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's