Hosea 4:15-19

Hosea 4:15-19 AFR20

“As jy hoereer, Israel, moet Juda tog nie skuldig word nie. Julle moenie na Gilgal gaan nie, en moenie optrek na Bet-Awen nie. Moenie sweer, ‘so waar as die HERE leef’ nie.” Ja, Israel is so weerbarstig soos 'n weerbarstige koei. Sal die HERE hulle nou laat wei soos 'n lam in die oopte? Efraim is verbind aan afgode – laat hom met rus! Wanneer hulle drinkery ophou, hoereer hulle op groot skaal. Hulle het skande, haar skaamtelose gedrag, hartstogtelik lief. Die wind het haar in sy vleuels opgerol, hulle gaan in die skande kom oor hulle offers.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Hosea 4:15-19