Hebreërs 13:8-16

Hebreërs 13:8-16 AFR20

Jesus •Christus is gister en vandag dieselfde, en tot in ewigheid. Moenie meegevoer raak deur allerhande vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart deur genade versterk word, nie deur eetgebruike wat dié wat daarvolgens lewe, niks baat nie. Ons het 'n offeraltaar waarvan dié wat in die •tabernakel diens verrig, nie mag eet nie. Want die karkasse van die diere waarvan die bloed ter wille van die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word, word buite die laer verbrand. Daarom het ook Jesus so buite die stadspoort gely, sodat Hy die volk deur sy eie bloed kon heilig. Laat ons dus uitgaan na Hom buite die laer, en sy smaad verduur. Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons is op soek na die toekomstige stad. Laat ons dan deur Hom voortdurend 'n lofoffer aan God bring – dit is die vrug van lippe wat sy Naam saam bely. En moenie versuim om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want God het behae in sodanige offers.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid