Die wet bevat immers net 'n afskaduwing van die toekomstige goeie dinge, nie 'n presiese weergawe daarvan nie. Daarom kan dit nooit deur dieselfde offers, wat onophoudelik jaar ná jaar gebring word, diegene wat kom aanbid, tot volmaaktheid bring nie. Sou hulle nie andersins opgehou het om offers te bring, omdat die aanbidders, nadat hulle een maal gereinig is, nie meer enige besef van sonde sou hê nie? Maar deur dié offers word hulle nou jaarliks aan hulle sondes herinner; want die bloed van bulle en bokke kan onmoontlik sondes wegneem. Daarom sê Hy met sy koms na die wêreld: “Offerande en offergawe wou U nie hê nie, maar 'n liggaam het U vir My voorberei; ja, •brandoffers en •reinigingsoffers het U nie tevrede gestel nie. Toe het Ek gesê, ‘Kyk, hier is Ek om u wil te doen, o God! Dit is in die boekrol oor My geskryf.’ ” Eers sê Hy hierbo, “Offerandes en offergawes”, en “brandoffers en reinigingsoffers wou U nie hê, en het U nie tevrede gestel nie” – dit is wat volgens die wet geoffer word.
Lees Hebreërs 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hebreërs 10:1-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's