Die offerstelsel onder die wet van Moses is maar net ’n skadubeeld van die goeie dinge wat sou kom, nie ’n lewensgetroue weergawe daarvan nie. Die offers onder die ou stelsel is oor en oor herhaal, van jaar tot jaar, maar hulle kon dié wat hulle gebring het, nooit heeltemal reinig nie. As die offers dit wel gedoen het, sou dié wat kom aanbid het, nadat hulle een maal gereinig is, geen skuldgevoelens meer oorgehou het nie en sou hulle mos opgehou het om offers te bring. Maar nou gebeur net die teenoorgestelde. Hierdie jaarlikse offers herinner hulle juis jaar na jaar aan hulle sondes, want die bloed van bulle en bokke kan onmoontlik die sondes wegneem. Daarom het Christus, toe Hy hierdie wêreld ingekom het, verklaar: “Diere- of graanoffers is nie wat U wou hê nie, maar die liggaam wat U vir My voorberei het. U was nie tevrede met brandoffers of sonde-offers nie. Toe het Ek gesê: ‘Kyk, Ek het gekom, o God, om u wil uit te voer – so staan dit van My in die Skrif geskryf.’” Eers sê Hy: “Diere- of graanoffers of brandoffers of sonde-offers wou U nie hê nie en stel U nie tevrede nie” – alhoewel hierdie offers deur die wet voorgeskryf word.
Lees HEBREËRS 10
Luister na HEBREËRS 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: HEBREËRS 10:1-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's