Die woord van die HERE het gekom by monde van die profeet Haggai: “ Is die tyd dan wel vir julle ryp om in huise met houtpanele te woon, terwyl hierdie huis 'n bouval is? Daarom,” so sê die HERE, Heerser oor alle magte, “neem ter harte wat julle beleef het: Julle het baie gesaai, maar dit het min opgelewer; julle eet, maar word nie versadig nie; julle drink, maar julle dors word nie geles nie; julle trek aan, maar word nie warm nie. Wie homself uithuur, doen dit vir 'n beursie vol gate.” So sê die HERE, Heerser oor alle magte: “Neem ter harte wat julle beleef het: Gaan teen die berge uit, bring hout en herbou my huis; dit sal vir My vreugde verskaf en Ek sal daardeur verheerlik word.” Dit is wat die HERE sê. “Julle verwag baie, maar kyk, julle kry bloedweinig. As julle iets huis toe bring, blaas Ek dit weg.
Lees Haggai 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Haggai 1:3-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's