Habakuk 1:1-4

Habakuk 1:1-4 AFR20

Die profesie. Dit is wat Habakuk, die profeet, gesien het. Hoe lank nog, HERE? Ek roep om hulp, maar U luister nie; ek roep uit na U, “geweld!” maar U verlos nie? Waarom laat U my onreg ervaar, en leed, terwyl U toekyk? Vernietiging en geweld is reg voor my. Twis ontstaan en rusie neem toe. Daarom het die wet sy krag verloor, en tree die reg glad nie meer na vore nie; maar goddeloses omsingel die regverdige. Daarom is die reg so verdraaid.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid