Genesis 49:29-33

Genesis 49:29-33 AFR20

Jakob het vir hulle sy laaste opdragte gegee. Hy het vir hulle gesê: “Ek gaan met my mense verenig word. Begrawe my by my voorouers in die grot op die stuk grond van Efron, die Hetiet, in die grot wat op die stuk grond by Magpela is, oos van Mamre, in die land Kanaän. Abraham het die stuk grond by Efron, die Hetiet, as eiendom gekoop vir 'n begraafplek. Daar het hulle Abraham en sy vrou Sara begrawe. Daar het hulle Isak en sy vrou Rebekka begrawe. En daar het ek Lea begrawe. Die aankoop van die stuk veld en die grot wat daarop is, was van die Hetiete.” Toe Jakob klaar was met die opdragte aan sy seuns, het hy sy voete teruggetrek op die bed. Hy het sy asem uitgeblaas en is met sy mense verenig.

Video vir Genesis 49:29-33