Josef het vir sy broers en sy familie gesê: “Ek wil optrek en die farao gaan inlig en vir hom sê, ‘My broers en my familie wat in die land Kanaän was, het na my toe gekom. Die manne is herders van kleinvee, ja, hulle was altyd veeboere. Hulle kleinvee en beeste en alles wat hulle besit, het hulle saamgebring.’ As die farao julle ontbied en vra, ‘Wat is julle daaglikse werk?’ moet julle sê, ‘U dienaars was veeboere van ons jeug af tot nou toe – ons sowel as ons voorvaders’, sodat julle in die Gosenstreek kan woon, want alle herders van kleinvee is vir die Egiptenare afstootlik.”
Lees Genesis 46
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Genesis 46:31-34
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's