Genesis 41:38-44

Genesis 41:38-44 AFR20

en die farao het vir sy dienaars gevra: “Sal ons so iemand vind, 'n man in wie die Gees van God is?” Toe sê die farao vir Josef: “Noudat God dit alles aan jou bekend gemaak het – daar is niemand so verstandig en wys soos jy nie – sal jy self hoof van my hofhouding word, en aan jou bevele sal my hele volk gehoorsaam wees. Net wat die troon betref, is ek jou meerdere.” Die farao het vir Josef gesê: “Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipteland.” Toe haal die farao sy seëlring van sy hand af en sit dit aan Josef se vinger. Hy het hom linneklere laat aantrek en 'n goue ketting om sy nek gehang. Hy het Josef laat ry op die tweede strydwa wat aan hom behoort, en daar is voor hom uitgeroep: “Gee pad!” So het hy hom oor die hele Egipteland aangestel. Die farao het vir Josef gesê: “Ek is die farao, maar sonder om jou in ag te neem, mag niemand in die hele Egipteland 'n hand of 'n voet lig nie.”