Genesis 35:2-10

Genesis 35:2-10 AFR20

Jakob sê toe vir sy huis en almal wat by hom was: “Verwyder die vreemde gode wat in julle midde is en reinig julle; trek ander klere aan. Kom ons maak gereed en trek op na Bet-El, sodat ek daar 'n altaar kan bou vir die God wat my geantwoord het op die dag toe ek in die nood was, en by my was op die pad wat ek gegaan het.” Hulle het toe al die vreemde gode wat hulle by hulle gehad het, vir Jakob gegee, ook die ringe wat aan hulle ore was. Hy het dit onder die groot terebintboom wat by Sigem is, weggesteek. Hulle het toe weggetrek, en 'n verskrikking van God af het oor die dorpe rondom hulle geheers, sodat hulle nie die seuns van Jakob agtervolg het nie. Toe Jakob by Lus, dit is Bet-El, in die land Kanaän aankom, hy en al die mense wat by hom was, het hy daar 'n altaar gebou en die plek El-Bet-El genoem, omdat God Hom daar aan hom geopenbaar het toe hy op vlug was voor sy broer. Debora, die oppasser van Rebekka, is daar oorlede. Sy is begrawe onderkant Bet-El, onder die eikeboom. Hulle het dit die Eikeboom van Gehuil genoem. God het weer aan Jakob verskyn by sy aankoms uit Paddan-Aram, en hom geseën. God het vir hom gesê: “Jou naam is Jakob. Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel, dit sal jou naam wees.” So het Hy hom die naam Israel gegee.

Video for Genesis 35:2-10