Genesis 3:16-19

Genesis 3:16-19 AFR20

Vir die vrou het Hy gesê: “Ek sal jou swaarkry met jou swangerskap baie erger maak; met pyn sal jy kinders in die wêreld bring. Na jou man sal jou begeerte wees, maar hy sal oor jou heers.” Vir die mens het Hy gesê: “Omdat jy geluister het na jou vrou se stem, en geëet het van die boom waarvan Ek jou beveel het, ‘Jy mag nie daarvan eet nie!’ is die grond deur jou toedoen vervloek. Met swaarkry sal jy daarvan eet, solank jy leef; dorings en dissels sal dit vir jou laat uitspruit, en jy sal veldplante eet. Met sweet aan jou gesig sal jy brood eet, totdat jy terugkeer na die grond; want daaruit is jy geneem – ja, stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid