Daar was hongersnood in die land, afgesien van die eerste hongersnood wat daar was in die tyd van Abraham. Isak het toe na Gerar, na Abimeleg, die koning van die Filistyne, gegaan. Die HERE het aan hom verskyn en gesê: “Moenie afgaan na Egipte nie. Bly in die land waar Ek vir jou sê. Woon as •vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag gee Ek al hierdie lande, en Ek sal die eed wat Ek vir jou vader Abraham afgelê het, gestand doen. Ek sal jou nageslag so talryk maak soos die sterre aan die hemelruim, en aan jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee. Al die nasies van die aarde sal wens om so geseënd te wees soos jou nageslag, omdat Abraham na my stem geluister het en die verpligtinge wat Ek oplê, my bevele, my vaste voorskrifte en my wette, nagekom het.”
Lees Genesis 26
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 26:1-5
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's