Isak het by die HERE gepleit ter wille van sy vrou, want sy was onvrugbaar. Die HERE het hom verhoor, en Rebekka, sy vrou, het swanger geword. Die kinders in haar het mekaar weggestoot. Toe sê sy: “As dit so is, waarom moet juis ek dit oorkom?” Sy het gegaan om die HERE te raadpleeg. Die HERE het vir haar gesê: “Twee nasies is in jou moederskoot, en twee volke – uit jou liggaam sal hulle uitmekaar gaan. Die een volk sal sterker wees as die ander volk, en die oudste sal die jongste dien.” Toe haar tyd aanbreek om geboorte te gee, is daar 'n tweeling in haar moederskoot! Die eerste een het uitgekom, asof met 'n mantel van hare, heeltemal rooibruin. Hulle het hom Esau genoem. Daarna het sy broer uitgekom, met sy hand wat aan Esau se hakskeen vashou. Hulle het hom toe Jakob genoem. Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte. Die seuns het opgegroei. Esau het 'n knap jagter geword, 'n man van die veld; en Jakob was 'n fatsoenlike man wat in tente gewoon het. Isak het van Esau gehou, want wildsvleis was na sy smaak; Rebekka, daarenteen, het van Jakob gehou. Jakob was besig om 'n gereg gaar te maak, toe Esau van die veld af kom – hy was uitgeput. Esau sê toe vir Jakob: “Gee my asseblief 'n sluk van die rooi goed, hierdie rooi goed, want ek is uitgeput.” (Daarom word hy Edom genoem.) Jakob het geantwoord: “Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my.” Toe sê Esau: “Kyk, ek is op die punt om dood te gaan; wat is 'n eersgeboortereg dan vir my werd?” Jakob het gesê: “Lê eers vir my 'n eed af.” Hy het toe vir hom 'n eed afgelê en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop. Jakob gee toe vir Esau brood en die kooksel lensies. Hy het geëet en gedrink, opgestaan en weggegaan. So het Esau sy eersgeboortereg geminag.
Lees Genesis 25
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 25:21-34
3 Days
Life can be unpredictable and confusing, even when we serve God. Things seem at times to be out of control, leaving us to wonder what in the world is going on! If you have ever felt this way or are confused, this new devotional series by Pastor Jim Cymbala is just for you!
21 Days
The James River Church 21 Days of Fasting and Prayer Devotion plan is designed to encourage and strengthen you as you devote this time to walking closer with the Lord. The plan consists of short devotions and a Scripture reading plan for each day. We know that as you spend time fasting and praying, you will see God do more than you can ask or imagine!
29 dae
In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.
7 Days
It is good to educate ourselves and remember why it is essential to know what Israel is all about. Israel is a miracle. Israel is a picture of God’s faithfulness. Israel is your insurance policy that God is faithful to His promises.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's