Genesis 25:20-24

Genesis 25:20-24 AFR20

Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Betuel, 'n Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het. Isak het by die HERE gepleit ter wille van sy vrou, want sy was onvrugbaar. Die HERE het hom verhoor, en Rebekka, sy vrou, het swanger geword. Die kinders in haar het mekaar weggestoot. Toe sê sy: “As dit so is, waarom moet juis ek dit oorkom?” Sy het gegaan om die HERE te raadpleeg. Die HERE het vir haar gesê: “Twee nasies is in jou moederskoot, en twee volke – uit jou liggaam sal hulle uitmekaar gaan. Die een volk sal sterker wees as die ander volk, en die oudste sal die jongste dien.” Toe haar tyd aanbreek om geboorte te gee, is daar 'n tweeling in haar moederskoot!

Video vir Genesis 25:20-24