Toe God die stede van die Jordaanstreek verdelg het, het God aan Abraham gedink, en Lot weggestuur uit die verwoesting, toe Hy die stede waarin Lot gewoon het, verwoes het. Lot het uit Soar opgetrek en in die bergland gaan woon. Sy twee dogters was saam met hom, want hy was bang om in Soar te bly. Hy het hom in 'n grot gevestig, hy en sy twee dogters. Die oudste dogter sê toe vir die jonger een: “Ons pa is al oud, en in dié land is daar nie 'n man wat by ons kan ingaan, soos dit die gebruik in die hele wêreld is nie. Kom ons laat ons pa wyn drink, sodat ons by hom kan gaan lê, en ons uit ons pa 'n nageslag in die lewe kan bring.” Daardie nag het hulle hulle vader wyn laat drink; en die oudste het ingegaan en by haar vader gaan lê. Hy het nie iets agtergekom toe sy gaan lê en opstaan nie. Die volgende dag sê die oudste toe vir die jongste: “Kyk, ek het verlede nag by ons pa geslaap. Kom ons gee hom ook vannag wyn; gaan jy dan in en lê by hom, sodat ons uit ons pa 'n nageslag in die lewe kan bring.” Hulle het toe ook daardie nag hulle vader wyn laat drink, en die jongste het opgestaan en by hom gaan lê. Hy het nie iets agtergekom toe sy gaan lê en opstaan nie. So het die twee dogters van Lot swanger geraak by hulle vader. Die oudste het aan 'n seun geboorte gegee, en sy het hom Moab genoem. Hy is die stamvader van die huidige Moabiete. En die jongste, ook sy het aan 'n seun geboorte gegee en hom Ben-Ammi genoem. Hy is die stamvader van die huidige Ammoniete.
Lees Genesis 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 19:29-38
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's