Die HERE het vir hom gesê: “Ek is die HERE wat jou uit Ur van die Galdeërs uitgelei het om aan jou hierdie land te gee om dit in besit te neem.” Hy het gevra: “HERE, my Heer, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?” Toe sê die HERE vir hom: “Bring vir My 'n drie jaar oud verskalf, 'n drie jaar oud bok, 'n drie jaar oud skaapram, 'n tortelduif en 'n jong duif.” Abram het dit alles vir Hom gebring en middeldeur gesny. Toe plaas hy die dele teenoor mekaar. Die voëls het hy egter nie deurgesny nie. Roofvoëls het op die dooie diere toegesak, maar Abram het hulle verwilder. Toe die son besig is om onder te gaan, het 'n diep slaap Abram oorval. Meteens oorval skrik, 'n groot duisternis, hom. Die HERE sê toe vir Abram: “Weet baie goed dat jou nageslag •vreemdelinge sal wees in 'n land wat nie aan hulle behoort nie. Hulle sal daardie mense moet dien, en dié sal hulle verdruk, vierhonderd jaar lank. Maar ook die nasie vir wie hulle moet dien, gaan Ek oordeel. Daarna sal hulle uittrek met 'n menigte besittings. Wat jou betref, jy sal in vrede na jou voorouers gaan en op 'n hoë ouderdom begrawe word. Die vierde geslag sal hierheen terugkeer. Want die •Amoriete se sondeskuld het nog nie sy volle maat bereik nie.” Toe die son ondergegaan het, en dit skemerdonker was – kyk, toe is daar die rook van 'n oond en die vuur van 'n fakkel wat tussen daardie stukke deurbeweeg. Op daardie dag het die HERE met Abram 'n verbond gesluit: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier – die gebied van die Keniete, Kenissiete, Kadmoniete, Hetiete, Feresiete, Refaïete, Amoriete, Kanaäniete, Girgasiete en Jebusiete.”
Lees Genesis 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 15:7-21
7 Days
Whether you’ve messed up a little or a lot by human standards, you’re a prime candidate to be used by God. In this 7-day Plan, we’ll learn about six individuals from the Bible whom God used despite where they came from, what their capabilities were, or how colossal their mistakes were.
29 dae
God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal
29 Dae
Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.
8 Days
Drawing on James Spencer's book titled Useful to God: Eight Lessons from the Life of D. L. Moody, this Bible Plan examines eight characteristics evident in the Scriptures and in the life of 19th century evangelist Dwight Moody (e.g., surrendered, prayerful, humbled, undistracted, and studious). A free guide including these reflections along with activities and additional devotional content is also available for download from D. L. Moody Center.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's