Genesis 14:18-19

Genesis 14:18-19 AFR20

Melgisedek, die koning van Salem, het brood en wyn gebring. Hy was 'n priester van God, die Allerhoogste. Hy het Abram geseën en gesê: “Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, skepper van die hemel en die aarde.