Genesis 12:10-20

Genesis 12:10-20 AFR20

Toe kom daar 'n hongersnood in die land, en Abram het na Egipte afgetrek om daar as •vreemdeling te woon, want die hongersnood was swaar in die land. Toe hulle op die punt was om Egipte binne te gaan, sê Abram vir Sarai, sy vrou: “Kyk, ek weet dat jy 'n beeldskone vrou is. En dit gaan gebeur dat, as die Egiptenare jou sien, hulle sal sê, ‘Dit is sy vrou’; en hulle sal my doodmaak en jou laat leef. Sê tog jy is my suster, sodat dit met my goed kan gaan ter wille van jou, en ek aan die lewe kan bly ter wille van jou.” Toe Abram Egipte binnegaan, het die Egiptenare gesien dat die vrou besonder mooi was. Die •hoë amptenare van die farao het haar gesien en haar lof by die farao besing. Die vrou is toe na die paleis van die farao geneem. Hy het aan Abram goed gedoen ter wille van haar: Hy het kleinvee en beeste, donkies, slawe en slavinne, donkiemerries en kamele ontvang. Maar die HERE het die farao en sy huis met swaar plae getref oor Sarai, die vrou van Abram. Die farao ontbied toe vir Abram en sê: “Wat het jy my nou aangedoen? Waarom het jy my nie vertel dat sy jou vrou is nie? Waarom het jy gesê, ‘Sy is my suster’, sodat ek haar vir my as vrou geneem het? Hier is jou vrou dan nou; vat haar en gaan!” Die farao het manne opdragte gegee oor hom, en hulle het hom, sy vrou en al sy besittings uitgeleide gedoen.

Video vir Genesis 12:10-20

Gratis leesplanne en oordenkings oor Genesis 12:10-20