Galasiërs 2:15-16

Galasiërs 2:15-16 AFR20

Ons is gebore Jode, en nie sondaars uit die heidene nie; en tog weet ons dat 'n mens nie op grond van die uitvoering van die wet geregverdig kon word nie, maar slegs deur die geloof in Jesus •Christus. Ook ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons regverdig verklaar kon word op grond van geloof in Christus, en nie op grond van die uitvoering van die wet nie; omdat geen mens op grond van die uitvoering van die wet geregverdig sal word nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Galasiërs 2:15-16

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid