Galasiërs 2:1-5

Galasiërs 2:1-5 AFR20

Daarna, veertien jaar later, het ek weer, saam met Barnabas, na Jerusalem opgegaan. Ek het ook Titus saamgeneem. Ek het op grond van 'n openbaring opgegaan, en die evangelie wat ek onder die heidene verkondig, aan hulle voorgelê – afsonderlik aan die mense van aansien – sodat ek nie vergeefs hardloop of gehardloop het nie. Maar selfs Titus, wat saam met my was, is nie gedwing om besny te word nie, alhoewel hy 'n Griek is. Die saak het ontstaan omdat skynheilige broers, wat onder valse voorwendsels ingesmokkel is, ingesypel het om te spioeneer op die vryheid wat ons in Christus Jesus het. Hulle doel was om van ons slawe te maak. Ons het nie vir 'n oomblik in onderdanigheid aan hulle toegegee nie, sodat die waarheid van die evangelie onder julle behoue sou bly.