“As hulle jou nie glo nie, en nie aandag gee aan die eerste teken nie, sal hulle die laaste teken glo. As dit dalk gebeur dat hulle selfs hierdie twee tekens nie glo nie, en nie na jou stem luister nie, skep dan van die Nyl se water en gooi dit uit op die droë grond. Die water wat jy uit die Nyl geskep het, sal bloed word op die droë grond.” Maar Moses het vir die HERE gesê: “Asseblief, my Heer! Ek is nie 'n man van woorde nie, nie in die verlede nie, en ook nie vandat U met u dienskneg gepraat het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong. ” Daarop sê die HERE vir hom: “Wie het 'n mond vir die mens beskik, en wie maak stom of doof, siende of blind? Is dit nie Ek, die HERE, nie? Gaan dan nou! Ek sal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sê.” Maar hy sê: “Asseblief, my Heer! Stuur asseblief iemand anders.” Die toorn van die HERE het teen Moses ontbrand en Hy het gesê: “Is Aäron, die Leviet, nie jou broer nie? Ek weet dat hy welsprekend is. Wat meer is, kyk, hy is op pad om jou te ontmoet; en wanneer hy jou sien, sal sy hart verheug wees. Jy moet met hom praat en die woorde in sy mond lê. Ek sal met jou mond en met sy mond wees. Ek sal julle leer wat julle moet doen. Hy moet namens jou met die volk praat. Dit is hoe dit gaan gebeur – hy sal vir jou 'n mond wees en jy sal vir hom 'n god wees. Hierdie staf moet jy in jou hand neem. Dit is waarmee jy die tekens moet doen.”
Lees Eksodus 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Eksodus 4:8-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's