Hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte lank. Brood het hy nie geëet nie en water het hy nie gedrink nie. Hy het op die kliptafels die woorde van die verbond, die Tien Gebooie, geskryf. Toe Moses van die berg Sinai afkom – die twee kliptafels met die Getuienis was in Moses se hand toe hy van die berg afkom – het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig stralend was omdat hy met God gepraat het nie. Toe Aäron en al die Israeliete Moses sien, was die vel van sy gesig stralend! Hulle was toe te bang om naby hom te kom. Maar Moses het na hulle geroep, en Aäron en al die leiers in die volksvergadering het teruggedraai na hom, en toe het Moses met hulle gepraat. Daarna het al die Israeliete ook nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die HERE vir hom op die berg Sinai gesê het. Toe Moses klaar met hulle gepraat het, het hy 'n sluier oor sy gesig getrek. Maar wanneer Moses in die HERE se teenwoordigheid kom om met Hom te praat, verwyder hy die sluier totdat hy weer uitkom. As hy dan uitkom en vir die Israeliete sê watter opdragte hy ontvang het, en die Israeliete Moses se gesig sien, dat die vel van sy gesig stralend is, trek hy weer die sluier oor sy gesig totdat hy ingaan om met die HERE te praat.
Lees Eksodus 34
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Eksodus 34:28-35
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's