Eksodus 33:7-11

Eksodus 33:7-11 AFR20

Moses het telkens 'n tent geneem en dit buite die kamp opgeslaan, ver van die kamp af. Hy het dit 'n ontmoetingstent genoem. Elkeen wat die HERE wou raadpleeg, moes uitgaan na die ontmoetingstent wat buite die kamp was. Telkens wanneer Moses uitgegaan het na die tent, het die hele volk opgestaan, en dan het elkeen sy plek ingeneem by die ingang van sy tent. Hulle het Moses agternagekyk totdat hy by die tent ingegaan het. Telkens wanneer Moses die tent binnegegaan het, het die wolkkolom afgekom en by die ingang van die tent gaan staan. Dan het die HERE met Moses gepraat. Wanneer die hele volk die wolkkolom by die ingang van die tent sien staan, het die hele volk opgestaan en elkeen by die ingang van sy tent in aanbidding gebuig. Die HERE het met Moses van aangesig tot aangesig gepraat, soos 'n man met sy vriend praat. Dan het Moses teruggekeer na die kamp, maar sy helper, Josua, seun van Nun, 'n jong man, het nie die tent verlaat nie.

Video vir Eksodus 33:7-11