Die HERE het ook vir Moses gesê: “Ek het hierdie volk deurgekyk – hulle is inderdaad 'n hardnekkige volk. Laat My dan nou met rus, sodat my toorn teen hulle kan ontbrand en Ek hulle kan vernietig. Ek sal jou dan 'n groot nasie maak.” Moses het egter die HERE sy God goedgesind probeer stem en gesê: “Waarom, HERE, moet u toorn brand teen u volk vir wie U uit Egipteland gelei het met groot krag en 'n sterk hand? Waarom sou die Egiptenare sê, ‘Met 'n bose plan het Hy hulle uitgelei, om hulle in die berge om te bring en hulle van die aardbodem af uit te delg’? Laat vaar u brandende toorn en kry tog spyt oor die onheil teen u volk! Dink aan Abraham, Isak en Israel, u diensknegte vir wie U by Uself gesweer en vir hulle gesê het, ‘Ek sal julle nageslag so baie laat word soos die sterre aan die hemelruim; en hierdie hele land wat Ek gesê het Ek vir julle nageslag sal gee, sal hulle vir altyd as erfdeel ontvang.’ ” Die HERE het toe spyt gekry oor die onheil wat Hy gesê het Hy sy volk sou aandoen.
Lees Eksodus 32
Deel
Vergelyk alle weergawes: Eksodus 32:9-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's