Eksodus 3:1-3

Eksodus 3:1-3 AFR20

Moses het sy skoonvader, Jetro, die priester van Midian, se kleinvee opgepas. Hy het die kleinvee diep die woestyn in gejaag en uitgekom by die berg van God, by Horeb. Daar het die •Engel van die HERE aan hom verskyn in 'n vuur wat uit 'n doringbos opvlam. Moses het gesien daar is 'n doringbos aan die brand, maar dié doringbos word sowaar nie verteer nie. Toe dink Moses, ek moet afdraai, sodat ek na hierdie buitengewone verskynsel kan kyk. Waarom brand die doringbos dan nie uit nie?

Video vir Eksodus 3:1-3